Die ou skynheilige mens

Ek is ongelooflike verbaas met wat die so-genaamde afrikaners hier op dié webwerf rond gooi, met sulke afgruwelike taal.. Met goed soos "Afrikaaners te create" en "die failure om te konsentreer op Afrikaaner issues".. Waar gaan die taal heen? Die selfde mense wil nou lekker kom vinger wys hier, maar doen dit dan met sulke taal? Een woord...zef! Dis 'n bespotting, man.

Nie te min, die bohaai wat die mense maak oor hierdie song nie. Dis ongelooflik hoe mense uit hulle pad sal gaan om partydige opienies rond te smeer en hulself beter en hoër te laat voel. So half asof hul probeer sê "Ek is opgevoed, en jy nie......Jy is onkundig, en ek nie!" Dis pure skynheligheid!

Wat maak dit saak of hierdie 'n geld maak foefie is of nie. Ek dink nie so nie. Of hy nou in Orania optree, en of hy nou in Johannesburg optree?! Hy kan nie daar in Soweto gaan staan en "De La Rey" volle bors sing nie. Bok van Blerk het 'n gehoor wat van Afrikaners bestaan. As jy voel jy kan jouself met hul musiek assosieer, dan gaan jy. En onthou net, dis hul WERK hierdie..

Marissa, as jou swart pêlle so lekker lag oor die effek wat die treffer op 'n generasie soos vandag het, moet jy tog net sien hoe lekker ek lag as ek aan ou Zuma dink wat "Bring me my machine guns" sing.

En nog een ding. Ek't 'n paar keer gesien dat mense die wit Afrikaner as 'n "vroue aanrander" beskou.. Gaan kyk bietjie na julle oupas en sê vir my of hy aan jou ouma slaan? Daai kak het met die nuwe generasie gekom, en het absoluut NIKS met die kleur van jou vel, jou kultuur, of jou inkomste te doen nie. Die soort van gemors kom van externa invloede!
Sies vir julle wat so menig is!
Dis julle met hiedie kommin taal wat sulke patetiese afleidings maak.

En die opmerking: "Sogenaamde "boere" suip hulleself by Van Blerk-shows in die ou Suid-Afrika in. Ek kan rerig aangaan.".......
Vir 'n begin, KobusK. Dis dalk feit, ja. Maar wat daar oor is vir blankes is nie veel nie. Dis net menslik om aan iets vas te hou wat jou 'n sin van sukiriteit gee. En onder die omstandighede is dit al wat oor is vir die blankes. 'n verlede waar ons 'n patriotes mag was, wat saam gestaan het. Soos daar ook voorheen genoem is "rokers praat met rokers sommer net omdat hulle iets in gemeen het"... Mense sing saam "De La Rey", sommer net omdat hul geskiendis uitbeeld. Iets waroor mens moet trots voel.

As ek so na jou Afrikaans kyk, neem ek aan jy sit in die buiteland.. Vra jouself hoekom? Hoekom het JY weg gehardloop?

Reply

The content of this field is kept private and will not be shown publicly.
  • Web page addresses and e-mail addresses turn into links automatically.
  • Allowed HTML tags: <a> <em> <strong> <cite> <code> <ul> <ol> <li> <dl> <dt> <dd> <blockquote>
  • Lines and paragraphs break automatically.
  • Textual smileys will be replaced with graphical ones.
  • Images can be added to this post.
  • You may use [inline:xx] tags to display uploaded files or images inline.
  • You may post code using <code>...</code> (generic) or <?php ... ?> (highlighted PHP) tags.

More information about formatting options

CAPTCHA
This question is for testing whether you are a human visitor and to prevent automated spam submissions.
Image CAPTCHA
Copy the characters (respecting upper/lower case) from the image.