Under the table and dreamin'
Hoezit - dank die vader (in watter gewaad ook al) vir 'n uiteindelike langnaweek. Vir 'n lang tyd was ek onder die radar en het ek ook bokkerol tot die.inter.net bygedra. Dit is hoofsaaklik toe te skryf aan luigatgeit en 'n twee-maand-lange-rollercoaster-werksprojek warvan ek gister ook uiteindelik die gatkant gesien het.
Ek (dis baie kort kennisgewing) het twee kaartjies na die my Coke-partytjie wat more plaasvind (met al daai middelmatige bands) by die werk gescore. As enige iemand daarin belangstel skakel my by 0794916405. Die kaartjies is dan joune.
En dan verder - ek dink dit sal ons almal baie goed doen om deel te neem aan die onlangse, erg verslawende gewoonte wat ek opgedoen het.
80's movies - die gier het so twee maande terug begin. Te danke aan 'n 1986-matriekafskeid-verjaardagpartytjie verlede week was dit toe full circle.
Oor die genre wil ek nie te veel sê nie - die hele ding daarvan is juis dat mens dit moet kyk. Dit is nie iets waaroor jy na die tyd lang gesprekke aanknoop of twee dae later iets catch nie. Die acting is amazingly over die top, die scripts wonderful en flowing, alles gebeur met 'n doel en die karakterbeelding laat mens weer aan "moviemaking" glo.
Hiermee 'n paar voorstelle (in geen volgorde)(ek is nie eers seker of alles 80s is nie - dit voel egter so).
Daar was ook great groundbreaking ones - die wat ek hier noem is maar net die gewone cooles wat ek onlangs weer gekyk het.
Back to the Future (die hele lot)
Rocky 1 tot 3
Turner and Hooch
Revenge of the Nerds (1 en 2)
Working Girl
Tequila Sunrise
Blind Fury
Beverly Hills Cop
See no evil, hear no evil
Ferris Bueler's day of
Big
Dirty Rotten Scroundels
Die Hard
The right stuff
Ghostbusters
Innerspace
K-9
Maak asb nog voorstelle.
Delicious
Digg
Hoe kan jy oor die 80's
Hoe kan jy oor die 80's praat sonder om die definitive movie moments te noem? Die oomblike wat ons fliek gewaarwording gevorm het? ET? Top Gun? Indiana Jones? Dirty Dancing???
... K-9 Maak asb nog
well, hy se mos maak nog voorstelle
Hoe kan jy?
Soos ek noem:
"Daar was ook great groundbreaking ones - die wat ek hier noem is maar net die gewone cooles wat ek onlangs weer gekyk het."
Definitive?
Ek het intussen weer Top Gun ook gekyk - mr Tony. Soek sommer die soundtrack ook weer!
Ek kyk nie noodwendig net die so-called "defining" stuff nie - mens mis gewoonlik die diamonds in the rough as mens probeer om slegs spesifiekes te kyk.
Ek het maar net vir die moerse cool, regte videoshop type of outjie by die plek waar ek movies uitneem gevra om sommer alle movies wat in die 80's gemaak is vir my te lys - good or bad.
ET my donner - hoe kom ek daarvan vergeet. Sal hom maar moet tjek. Intussen het ek ook effens early nineties beweeg.
Indiana Jones doen mens mos inelkgeval maar so elke nou en dan.
Intussen was dit ook
The Abbys
Caddyshack (heavy bad - tog entertaining)
Neverending Story
Cobra
Color of money
Lost Boys (motherfucker classic!)
Meaning of Life
Porky's
Post a comment