Kommentaar op Marissa se state of the nation-kommentaar (kommentaar op kommentaar - klink soos 'n lang goevermentvergadering)
So lees ek toe net die begin van die State of the Nation-toespraak en besef dat te close reading dalk 'n 10-bladsy-lange ramble sal veroorsaak, ek wil egter die volgende noem:
Die dadelike verwysing in Mbeki se toespraak na die geeste van die voorvaders(moeders) wat nog tussen ons sweef is sekerlik ook 'n verwysing na die ineenloping van die hede, verlede en toekoms asook die kennis en voortdurende soeke na die onbekende asem van 'n hybrid-identity, die landskappe hiér is nie meer slegs aan die grond en herinnering van eens traangasoortrekte townships en swart vroue wat van heuwels af sing gebind nie. Ons onthou dit egter steeds in die halfgeboue kontruksies langs die highway - as die droeë velde langs mynhope brand voel ek altyd ook half petrolbom en revolusionêr (al is dit net daar om onvoorsiene vure te blus).
Dit gaan mos ook oor die erkenning van 'n evolving involvement in die inborende selfsoeke wat dalk meer die rondloop in die inner city encapsulate, dalk ook 'n begrip vir die wete dat jou kulturele afsondering en soms deurtrekte Europese idees effens scary en net so verwyderd soos die NG-kerk in die 80's was.
Van Heerden self se Druppeltjie Du Pisanie moes eers onder die oppervlak van ons aardkors daal om die parrallele ontwakening aan te wakker. (Dalk het sy later in 'n rivier verdrink). Ons volg mos nie altyd ons memories op nie.
Vervoer, armoede, swaarkry en selfs misdaad word steeds motiveer deur die groot, wit, ryk kragbeeste se apatiese verwydering en onbegrip van 'n land deur hulle drome in vlamme gehul.
Ek sien die aantal snorre in Pretoria het darem afgeneem. Ongelukkig bly Wilbur Smith steeds 'n gunsteling.
Delicious
Digg
slegte maniere...
Ek was lus om kommentaar te lewer hier, maar dis seker slegte maniere om kommentaar te los op kommentaar op kommentaar.
Eish!
Jy kon maar...
Ek was in 'n lekker kwaai bui en lus om k*k te praat. Die groenewalts bring maar baie oor hulleself ook. Klippe in die bos is maar net fun. Shap. Geniet Angola baie bra! Ek koop Sa vir my 'n mountianbike so as jy terugkom dan ry ons bietjie!
Post a comment