dis 'n heerlike hondelewe

Die bachelor-lewe kan my partykeer inhaal, maar na die naweek het ek weer die voordele daaraan verbonde ten volle embrace. Om 'n werklike gelukkige bachelor te kan wees moet mens goed vir jouself kan lieg. Jy moet ook nie te desperate raak en saam elke tweede girl wat net op jou kommentaar reageer op 'n date probeer gaan nie (trust me on this one). Hulle maak jou net bankrot. Dis inelkgeval nie asof iemand soos ek score as ek saam met 'n girl uitgaan nie. Ek praat mos te veel, drink te veel, vloek te veel en luister te min. So what? Ek weet dit.

Die trick is maar net well-constructed one night stands met onbekendes. In my geval kan ek ook 'n ou telefoonommer van my onthou waarop my stem nog op die stemboodskap opkom as hulle bel. Wat 'n plesier! Indien ek dan weer in hulle vasloop, "Jy sal nie glo wat gebeur het nie, ek het my foon verloor en bla..bla..bla" Dis gewoonlik darem 'n maand of ses later en hulle is nie te kwaad nie. (Ek dink inelkgeval met my is hulle darem te bly as ek nie terugbel nie). Die armafkoustorie is gewoonlik meer van toepassing op hoe hulle voel as wat ek voel.

Nog 'n ding - besef dat mans d*se is - jy sal dalk dink jy is nice en anders, maar jy is nie. Ek wil graag sê ek is ordentlik, cultivated, anders, nice, etc maar ek is nie. Na tien doppe sal ek waarskynlik land en sand met Danie Rossouw gesels oor die feit dat ek ok windgat laaties in klein dorpies sal donder. Die lewe is mos maar hard en as hulle nie wil luister nie...

Anyway - die bachelor-lewe - 'n paar voordele is:

- the world is your urinal
- jou woonstel kan maar suf lyk want geen girl kom kuier nie
- jy mag ure op jou playstation spandeer
- jy kan jouself jammer kry oor jy 'n girl het nie
- jy kan die alleenlewe blameer vir die feit dat jy nie selfbeheer het nie
- jy kan enige tyd as jy wil in jou kar klim en na pelle toe ry, where ever, in Suid-Afrika sonder om te worry
- jy en jou pelle kan maar julle hempde in die somer by 'n braai uittrek
- jy kan crappy action movies kyk sonder enige kommentaar
- jy leer vinnig die stad ken siende jy party oggende van weird plekke af huis toe ry
- niemand hoef te sien watter weird gewoontes jy het nie, jy hoef dit ook nie te verduidelik nie

Post a comment

The content of this field is kept private and will not be shown publicly.
  • Web page addresses and e-mail addresses turn into links automatically.
  • Allowed HTML tags: <a> <em> <strong> <cite> <code> <ul> <ol> <li> <dl> <dt> <dd> <blockquote>
  • Lines and paragraphs break automatically.
  • Textual smileys will be replaced with graphical ones.
  • Images can be added to this post.
  • You may use [inline:xx] tags to display uploaded files or images inline.
  • You may post code using <code>...</code> (generic) or <?php ... ?> (highlighted PHP) tags.

More information about formatting options

CAPTCHA
This question is for testing whether you are a human visitor and to prevent automated spam submissions.
Image CAPTCHA
Copy the characters (respecting upper/lower case) from the image.
Syndicate content