KobusK's blog
Winterkaas
Posted May 29th, 2007 by KobusKDie koue maak my sentimenteel. Aan die een kant haat ek dit en voel ek dat dit nie mooi gel met my deesdae head-on te veel idees en filosofie lees vibe nie. Mense beskou dit mos dikwels as weak en corny as jy verlang na lang vermiste mense, landscapes en plekke wat jy nog nooit eers gesien nie maar weet jy goed ken. Soos vanoggend toe die Jozi-view uit my nuwe woonstel voel soos die plaas waarop ek grootgeword het.
Ok - hier is sommer 'n liedjie wat ons almal seker uit hoërskool onthou om die sentimentele-winter-weakness verder te beklemtoon.
Ek hoop ek is darem nie die enigste ou wat soms so voel nie.
Omaha - Counting Crows
Start tearing the old man down
Run past the heather and down to the old road
Start turning the grain into the ground
Roll a new leaf over
In the middle of the night there's an old man
Treading around in the gathered rain
Hey mister if you gonna on water
Would you drop a line my way
Omaha
Somewhere in middle America
Get right to the heart of matters
It's the heart that matters more
I think you'd better turn your ticket in
And get your money back at the door
Start threading a needle
Brush past the shuttle that slides through the cold room
Start turning the wool across the wire
Roll a new life over
In the middle of the night there's an old man
Threading his toes through a bucket of rain
Hey mister you dont want to walk on water
Cause you're only going to walk all over me
Somewhere in middle America
Get right to the heart of matters
It's the heart that matters more
I think you'd better turn your ticket in
And get your money back at the door
Start running the banner down
Drop past the color come up through the summer rain
Start turning the girl into the ground
Roll a new love over
In the middle of the day there's a young man
Rolling around in the earth and rain
Hey mister if you're going to walk on water, you know
You're only going to walk all over me
Somewhere in middle America read more »
dis 'n heerlike hondelewe
Posted May 28th, 2007 by KobusKDie bachelor-lewe kan my partykeer inhaal, maar na die naweek het ek weer die voordele daaraan verbonde ten volle embrace. Om 'n werklike gelukkige bachelor te kan wees moet mens goed vir jouself kan lieg. Jy moet ook nie te desperate raak en saam elke tweede girl wat net op jou kommentaar reageer op 'n date probeer gaan nie (trust me on this one). Hulle maak jou net bankrot. Dis inelkgeval nie asof iemand soos ek score as ek saam met 'n girl uitgaan nie. Ek praat mos te veel, drink te veel, vloek te veel en luister te min. So what? Ek weet dit.
Die trick is maar net well-constructed one night stands met onbekendes. In my geval kan ek ook 'n ou telefoonommer van my onthou waarop my stem nog op die stemboodskap opkom as hulle bel. Wat 'n plesier! Indien ek dan weer in hulle vasloop, "Jy sal nie glo wat gebeur het nie, ek het my foon verloor en bla..bla..bla" Dis gewoonlik darem 'n maand of ses later en hulle is nie te kwaad nie. (Ek dink inelkgeval met my is hulle darem te bly as ek nie terugbel nie). Die armafkoustorie is gewoonlik meer van toepassing op hoe hulle voel as wat ek voel.
Nog 'n ding - besef dat mans d*se is - jy sal dalk dink jy is nice en anders, maar jy is nie. Ek wil graag sê ek is ordentlik, cultivated, anders, nice, etc maar ek is nie. Na tien doppe sal ek waarskynlik land en sand met Danie Rossouw gesels oor die feit dat ek ok windgat laaties in klein dorpies sal donder. Die lewe is mos maar hard en as hulle nie wil luister nie...
Anyway - die bachelor-lewe - 'n paar voordele is:
- the world is your urinal
- jou woonstel kan maar suf lyk want geen girl kom kuier nie
- jy mag ure op jou playstation spandeer
- jy kan jouself jammer kry oor jy 'n girl het nie
- jy kan die alleenlewe blameer vir die feit dat jy nie selfbeheer het nie
- jy kan enige tyd as jy wil in jou kar klim en na pelle toe ry, where ever, in Suid-Afrika sonder om te worry
- jy en jou pelle kan maar julle hempde in die somer by 'n braai uittrek read more »
The Black Dog
Posted May 16th, 2007 by KobusKEk weet nie of enige van julle nog die Manic Street Preachers se album “Holy Bible” onthou nie. Ek moet sê dit was nogals openbarend as 14-jarige terroris en van die tunes daarop is steeds van my favourite rebelwysies. Ongelukkig het ek die album op ‘n dronk studentepartytjie frenzy aan 'n complete stranger gegee. Ek was gedurende daardie tyd moerse voortvarend en grootbek (nie veel het verander nie) en het waarskynlik iets soos "Musiek is meer as net klank pel, dit kan ‘n politiese tool wees en in die moderne wêreld baie bepalend ten opsigte van…bla…bla…bla…”
Passionate bullshit. Dalk was dit ‘n girl wat ek wou im(n)press. Wie weet?
Op die agterkant van die CD was daar hierdie quote (wat ek steeds teen my badkamerspieël het en dalk my oudste “poster” is) van 'n ene Octave Mirbeau:
“You’re obliged to pretend respect for people and institutions you think absurd. You live attached in a cowardly fashion to moral and social conventions you despise, condemn and know lack all foundation. It is that permanent contradiction between your ideas and desires and all the dead formalities and vain pretenses of your civilization which makes you sad, troubled and unbalanced. In that intolerable conflict you lose all joy of life and all feeling of personality, because at every moment they suppress and restrain and check the free play of your powers. That’s the poisoned and mortal wound of the civilized world.”
Mens kan seker moerse daarteen redeneer maar hy hou my rebels en jonk en oppervlakkig en kortsigtig-arrogant-anti-system al vir baie lank. read more »
My b-day paartie
Posted May 9th, 2007 by KobusKOK - ek weet nie wie sal actually belangstel nie (ek het jou gemail Jacques). Indien jy in die Johannesburg-omgewing is en geen planne het op 18 Mei (volgende Vrydag) nie sal dit cool wees as jy ons wil kom join by Mama Temba's in Greenside. Dis my verjaardagpartytjie en ja, the more the merrier.
Daar gaan maar net gedrink, gespeel, gelag, geskerts, gedans (as die ruimte dit toelaat), geparty, gedrink, gesels en gewees word.
Bring enige iemand saam wat jy wil.
Cool.
Under the table and dreamin'
Posted April 26th, 2007 by KobusKHoezit - dank die vader (in watter gewaad ook al) vir 'n uiteindelike langnaweek. Vir 'n lang tyd was ek onder die radar en het ek ook bokkerol tot die.inter.net bygedra. Dit is hoofsaaklik toe te skryf aan luigatgeit en 'n twee-maand-lange-rollercoaster-werksprojek warvan ek gister ook uiteindelik die gatkant gesien het.
Ek (dis baie kort kennisgewing) het twee kaartjies na die my Coke-partytjie wat more plaasvind (met al daai middelmatige bands) by die werk gescore. As enige iemand daarin belangstel skakel my by 0794916405. Die kaartjies is dan joune.
En dan verder - ek dink dit sal ons almal baie goed doen om deel te neem aan die onlangse, erg verslawende gewoonte wat ek opgedoen het.
80's movies - die gier het so twee maande terug begin. Te danke aan 'n 1986-matriekafskeid-verjaardagpartytjie verlede week was dit toe full circle.
Oor die genre wil ek nie te veel sê nie - die hele ding daarvan is juis dat mens dit moet kyk. Dit is nie iets waaroor jy na die tyd lang gesprekke aanknoop of twee dae later iets catch nie. Die acting is amazingly over die top, die scripts wonderful en flowing, alles gebeur met 'n doel en die karakterbeelding laat mens weer aan "moviemaking" glo.
Hiermee 'n paar voorstelle (in geen volgorde)(ek is nie eers seker of alles 80s is nie - dit voel egter so).
Daar was ook great groundbreaking ones - die wat ek hier noem is maar net die gewone cooles wat ek onlangs weer gekyk het.
Back to the Future (die hele lot)
Rocky 1 tot 3
Turner and Hooch
Revenge of the Nerds (1 en 2)
Working Girl
Tequila Sunrise
Blind Fury
Beverly Hills Cop
See no evil, hear no evil
Ferris Bueler's day of
Big
Dirty Rotten Scroundels
Die Hard
The right stuff
Ghostbusters
Innerspace
K-9
Maak asb nog voorstelle.
Delicious
Digg
Recent comments
13 weeks 3 days ago
14 weeks 3 days ago
14 weeks 3 days ago
14 weeks 3 days ago
14 weeks 3 days ago
20 weeks 5 days ago
22 weeks 4 days ago
22 weeks 6 days ago
27 weeks 6 days ago
28 weeks 4 days ago